|
Phoenix Besigheidsdienste is daarop gerig om u besigheid te help om die Internet beter in u bemarkingsaksies te benut, beide in Afrikaans en in Engels.
Phoenix Besigheidsdienste en ons Engelse website, Phoenix Business Solutions , werk hand aan hand en ek gaan nie noodwendig alles dupliseer in beide tale nie. Die Afrikaanse web site dra RSS feeds van die Engelse site en andersom. Hoekom Phoenix Besigheidsdienste? Afrikaans op die Net is word baie afgeskeep en dit is tot 'n mate seker verstaanbaar. Daar is egter wel 'n behoefte om Afrikaanse Netgebruikers beter te diens, al is dit selfs net gedeeltelik. Om hierdie rede het ons die afgelope ruk verskeie Afrikaanse web sites aan die gang gesit, en ook die Joomla! CMS stelsel in Afrikaans vertaal teneinde meer Afrikaanse websites makliker en vinniger daar te stel. En vir dieselfde redes het ons ook 'n Afrikaanse web tuiste vir Phoenix Business Solutions geskep. Phoenix en Afrikaans: Soos julle sal weet as julle Harry Potter gekyk het is die phoenix 'n mitiese voël wat periodiek uitbrand en dan weer herleef uit die as uit. Miskien is die Internet nou reg vir 'n herlewing van Afrikaans, soos met Afrikaanse musiek die afgelope klompie jaar, en is die tyd reg dat ons die Internet meer begin benut om by ons kliente uit te kom. |